Ons Kursusse
Die Natuur Roep!
Het jy ‘n passie vir die Natuur?
Wil jy die opwinding van die bos persoonlik ervaar – nie voor ‘n TV in die beskaafde omgewing van jou sitkamer nie?
Stel jy belang in Natuuropleiding?
Wil jy graag as professionele Veldgids opgelei word vir ‘n loopbaan?
Dan het jy die regte geleentheid ontdek.
Limpopo Field Guides Academy is die leiers in Profesionele Veldgids en Natuurgids opleiding in Suid Afrika Ons is toegewyd aan die volhoubare ontwikkeling van eko-toerisme deur middel van gewaarborgde gehalte.
All ons kursusse vind plaas in die majestueuse voetheuwels van die Waterberge, op Natuurreservate met ‘n wye verskeidenheid natuurlike eienskappe – sowel as die Groot 5!
Loer gerus deur ons webwerf – hoewel kursusse in Engels aangebied word omdat die FGASA (Field Guiding Association of Southern Africa) eksamens in Engels afgelê moet word, is al ons opleiers ten volle tweetalig en onsekerhede van Afrikaanssprekende studente in Afrikaans beantwoord en bespreek word.
Hierdie is die kursusse wat ons op hede beskikbaar het:
- FGASA Vlak 1, 2 en 3.
- Voëlkursusse.
- Spoorsnykurssese.
- Wapenhantering.
- Gevaarlike Diere opleiding.
Vir navrae oor, of om te bespreek vir enige van die kursusse, kliek hier
|